top of page
Search
nikivanwyk

Hulle weet nie wat ons weet nie

Updated: May 16


Liewe Dricus


Ek is in teorie amper oud genoeg om jou Ma te wees. Ek het vanoggend vir die eerste keer in my lewe UFC gekyk na Liam 5 uur opgestaan het en nie bewus was van al die fights op die ticket nie. So sit die twee van ons en koffie drink en wag vir jou beurt. My arme kind moes al golfbaan toe ry, toe slaan die twee vrouens mekaar nog, so die resultaat moes ek per Whatsapp Centurion Country Club toe stuur, safe to say die hele Suid-Afrika weet nou van UFC en mixed martial arts ensovoorts. Ek wil net noem dat die vrouens wat mekaar slaan vir my baie scarier was as die mans. Hulle is effens wild!


Ek het vir jou Ma gekyk en ek was bly ek is nie jou Ma nie, daai tannie is trots en angstig alles in een, en ek is dankbaar my eie kind is amper sestien en unlikely om vannaand as ons aansit vir aandete, vir my te vertel dat hy more by `n 'fight club' aansluit. Ek dink egter dat daar duisende klein seuntjies (en sekerlik ook dogtertjies is) wie se ouers nou fanaties navorsing moet doen oor waar mens jou kind heen stuur om te leer om ander kindertjies te skop en te donder. Ek ken net van `n ballet studio, `n kunsklas, ek weet nie wat noem mens die plek waar mens kindertjies leer skop en donder nie.


Terwyl ek toe nou so die crash course in UFC kry vanoggend is ek bly om te sien daar is gumguards en ek hoop van harte daar is ook `n ball box? Mens kan jou tande laat fix en jy het darem al klaar `n mooi meisie. Die mediese professie is fantasties, maar of hulle iets aan die dele onder die ball box kan doen is ek nie so seker nie. Persoonlik dink ek `n skrumpet kan ook handig te pas kom in die sport - use it, don't use it, jou Ma sal beter slaap as jy met `n hoed fight.


Jy het ons natuurlik, nes dit enige regte egter Suid-Afrikaanse held betaam, eers wild laat sweet, ek was alleen, Gerhard en Liam was op die golfbaan en Luka stel (dankie tog) nie belang in goed wat haar laat sweet nie, let alone goed waar jy bloei en jou tande kan verloor. Sy sou at least nie `n ball box benodig nie. Ek is nie altyd seker wanneer die Springbokke speel nie, maar in World Cup jare is ek meer op die ball, ek het al `n groen t-shirt vir Bok-Friday en alles...


In elk geval. Ek is nie wat mens sou klassifiseer as `n sport-mal ma nie. Ek weet beswaarlik watter kant bo en onder in die skrum is en as ek wel rugby kyk het ek `n healthy dose hulp van my man nodig. Alle 15 jarige seuns met skrumpette op lyk dieselfde, en ek ken werklik nie die reëls nie, so hy moet my sê as my kind die bal het. So het ek werklik gehoop jy slaat die ander ene dat hy lê-lê, dan sou ek immers 100% sekerheid gehad het dat jy wel gewen het. So moes ek toe nou deur 5 rondtes wroeg en hoop en bid jy wen, want dit was nie die hele tyd vir my so duidelik nie. Jou oog lyk redelik moer toe, maar toe die ander ou wild begin bloei was ek seker jy loop voor, wel amper doodseker, maar nie heeltemaal nie. Ek het maar duim vasgehou en nog `n koppie koffie gedrink. Die uitsending was pretty useless aangesien hulle net die heeltyd betting odds wys wat ek natuurlik ook nie verstaan nie.


Either way, baie geluk! Ons is so verskriklik trots op jou, maar ek kan nie sien dat my hart dit in die toekoms gaan hou, of dat ek meer van die sport gaan verstaan nie. So my versoek is dat jy eerstens jou Ma gaan druk, haar hart gaan dit waarskynlik ook nie hou nie. Tweedens, ek kan nie weer vyf rondtes van die kyk nie, as jy net die ou kan slaat dat hy lê in die eerste paar minute sal ek dit so waardeer! As die president jou wil sien en `n foto saam jou wil neem, sê nee, die Pres like dit om die thunder te steel en op ander se prestasie-bandwagons te spring. Ek aanvaar jy en jou span het nes ander presteer ten spyte van die politicians en nie as gevolg van die politicians nie.

Laastens wonder ek altyd wat weet ons, wat hulle nie weet nie, en my lys lyk so:


  1. Dat daar regtig nie nog `n land soos ons land is nie, die grond ruik anders in Afrika.

  2. Dat daar nie sommer `n land met vriendeliker mense is nie, van die ou wat jou petrol ingooi tot die blommeverkoper in die Kaap, it truly is Africa's warmest welcome.

  3. Dat ons almal effens bewoë raak as enige Suid-Afrikaner enigsins presteer, Suid-Afrikaners begin altyd met een moerse agterstand, so of jy nou iemand slaat tot hy lê, solo om die wêreld vaar, die Springbokke is, dit was moeiliker as vir die res - ons het nie eletrisiteit, water, proper healthcare of education nie, so enige prestasie is soveel meer worthy as ander.

  4. Dat as Nkosi Sikelel iAfrika begin het ons almal `n knop in die keel...hulle het vanoggend erens in Pretoria gewys hoe `n mixed bag of nuts in `n bar of by `n fan park die volkslied sing dat die spoeg spat, lekker man! Dan kyk mens die geslanery maar met `n tissue!

  5. Dat ons almal liewer is vir die land as meeste ander mense in die wêreld. Die land aan die punt van Afrika wat ook al effens moer toe is as gevolg van die politicians...

  6. Dat daar `n hele movement van mans in Suid-Afrikaanse vlag speedos rondloop daarbuite en ons almal verstaan die Faf /Springbok / Stronger Together reference 100%. Almal in my huis kry die jaar Faf speedos in hulle kerskouse...

  7. Dat mense in Kanada op die TV kan sê "Hulle weet nie wat ons fokken weet nie" en die hele land wil op daardie oomblik saam cheer in Faf speedos - of ons nou die lywe het daarvoor of nie.

  8. Dat ons elke dag aanhou, mense bou steeds hospitale al wil die useless regering vir ons NHI implimenteer, mense hou aan skoolgee al is daar nie krag, water, toilette of boeke nie. Mense daag op, elke dag, gaan effens moer toe huis toe en more repeat hulle die hele ding weer. Corporates fix potholes en sit die verkeersligte op hulle generators in `n poging om die land te help. Kinders kry 8 onderskeidings in matriek deur by kerslig te studeer.

  9. Dat ons met mekaar kan baklei oor alles en almal, maar as `n Suid-Afrikaner erens in die wêreld deelneem, dan staan die hele land bankvas agter die mens of die span.

  10. Dat Suid-Afrikaners aanhou uitstaan en overachieve! Ons het vir Johnny Clegg, Chris Barnard, `n Prinses, die Springbokke, Kirsten Neuschäfer, Bianca Buitendag, Nelson Mandela, Elon Musk, Gary Player, JRR Tolkien, Nadine Gordimer, die lys is te lank om almal hier neer te pen, maar ek dink die lys sluit nou ook Drikus, Siya, Faf en Handre Pollard in.

Groete




661 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page